SKATKISBOEKE - TREASURE CHEST BOOKS

(Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet - Memories of old books is a treasure to enjoy)

KAPTEIN DUIWEL EN BEAU DIE ONTEMBARE REEKS

KAPTEIN DUIWEL - Tipiese verhale uit die koue oorlog. Kaptein Duiwel is die bynaam van Ron de Ville, 'n breker spioen wat nie ooghare vir die rooies gehad het nie. Die verhale was ietwat stereotipies en was die gebruiklike aanvalle op vyande van die land gerig en die opblaas van vyandelike stellings. Die akteur se naam en die skrywer is onbekend aan my. Dit het later 'n boek gedeel met Beau die ontembare, sien onder.

BEAU DIE ONTEMBARE - Die rol van Beau is vertolk deur die aantreklike Beau Brummel, die bekende akteur wat ook as kaalbas koning die nuus gehaal.  Dit was baie oortuigende verhale uit die Mexikaans-Amerikaans se wilde weste. In plaas van JB Stetsons ,het die manne meestal Mexikaanse poncho’s en groot hoede gedra.  Beau was ’n held wat altyd die minder bevoorregtes bygestaan het of mooie dames uit die moeilikheid uit gehelp het.  Beau het natuurlik ook altyd met ’n dame in die arms geëindig.  Bebaarde boosdoeners op die wettelose grens tussen die VSA en Mexiko, en self ook seerowers was van sy teenstanders.  Soos gewoonlik het vuiste en snelvuur gevegte gereeld voorgekom. Dit het later 'n boek gedeel met Kaptein duiwel, sien onder, (deur Koos Papenfus).

Kaptein Duiwel en Beau Die Ontembare - 'n Saak van identiteit en Sluipers in die nag
57. Kaptein Duiwel en Beau Die Ontembare - 'n Saak van identiteit en Sluipers in die nag

Copyright © 2019 by Pieter Haasbroek and Koos Papenfus. All rights reserved.
Last updated: 9 November 2019